Saturday, 26 December 2015

Whyte and Mackay

Hierdie een is nader aan 'n honderd Randelas per bottel. Dalk effe duskant maar net oor die bult.
As jy hom bloots ry is daar dalk te veel mout vir meer as 'n knerts of twee. Ek vind met 'n suinige spatsel water is hy ideal, maar ys ruineer dit nes dit meestal maar doen met my palet.

Daar is twee leeus op die voorkant. Dis nou seker Whyte en Mackay. Hulle lyk hoogs ontstig, waarskynlik omdat ek nie die wiksie met hulle gedeel het nie.

Heel skaflik, met 'n swaarder mout smaak as meeste van die billiker dramme.
Terloops jy hoef nie 'n boomstroper romp te dra nie, die apteker sal dit elkgeval vir jou verskaf. Moenie vrae vra nie.

No comments:

Post a Comment