Eens op 'n reendag by 'n partytjie het 'n baie gasvrye gasheer hierdie pikswart dapper stapper geskink. Ek moes hom toe weer nuttig om te kyk of hy so kordaat gestap het soos wat ek kan onthou.
Inflasie is 'n werklikheid en hierdie Johnnie Walker Black Label is tans rondom 300 randelas by Pick n' Pay se mansapteek. Nie te versmaaie nie, mens kan omtrent 2 goeie 'cheap' bottels wiksie aanskaf vir sy prys so besluit maar of dit die moeite werd is.
Hy kom saam met 2 baie windmakerige glase met 'n Kimberley tema: Daar is 'n diep gat en 'n diamantfatsoen onder elke een. Die trog is so diep jy skink 'n dubbel dan wonder jy of jy nou per abuis in Keith Richards se keelgat afgooi want dit lyk nie asof daar al enigsins aangeklam het in die glas as jy hom van die kant af kyk nie. Soos die kraai vlieg lyk dit wel asof Koos Kombuis uit die ding kon uitkruip. Om die waarheid te sĂȘ is ek meer in my skik met die glase. Sal maar nog 'n manier uitdink om die reklame af te vee.
Maar hoe smaak hy? Hierdie is 'n baie aangename puin wiksie. Normaalweg sou ek reken dis te duur vir wat jy kry aangesien mens soortgelyke gehalte van 'n Three Ships 5 jaar kan kry, maar hy is meer gerook en nie so glad soos die dapper stapper nie. Neus, voorsmaak, proe en nasmaak is baie ewesydig en daar is nie veel sprake van 'n gedaanteverwisseling tussen hierdie fases nie. Dis nie 'n ingewikkelde wiksie nie, maar as jy van die reuk hou is dit 'n staatmaker.
No comments:
Post a Comment