Saturday, 26 December 2015

Queen Elizabeth

Queen Elizabeth kom nou aan die beurt. Liesbet is nou nie eintlik die konginin van die Skotte nie maar haar wiksie proe nie soos iets wat uit 'n poskoets uitgeval het nie, dit proe soos adelstand. Hierdie een is glad nie surerig soos die J&B wiksies nie. 

Hy is donker, romerig en ruik baie soos 'n houtvat. Baie gladdebek en vir 100 Randelas by Liquor City sal tot 'n suinige Skot nie te sleg voel om Liesbet huistoe te vat nie. Het hom nog nie met ys of water probeer nie, hy deug sommer lag-lag net so bloots. Sal hom beslis aanbeveel as jy meer van die swaarder geure hou met meer piets as van die ligte wiksies se knyp.

No comments:

Post a Comment