Sedert ek die naam gehoor het, het ek gedink ek moet myself met hierdie tipe belasting straf. Na oorlewering het 'n bedorwe Skot 100 vatte wiksie gemeng en toe 'n hele afvaardiging aangestel om te besluit watter vat skort die minste. Snaaks genoeg kon hulle nie verder drink as die 69ste vat nie. Of dis iemand se idee van 'n siek grap, of die ouens was haastig elders heen want vir my lyk 100 vatte verniet wiksie darem nie te versmaaie nie.
Ongelukkig kos dit meer as R69 om die 69 posisie in jou eie huis te posisioneer. Dit was rondom 100 skille.
Jy kan hierdie medisyne maar gerus net so sluk. Hy's nie so taai soos daai Bonnie en Clyde brakke wat hond haaraf raak in jou bek nie. Hy't meer geur as jy wel 'n blok of wat ys indompel. Nie so kenmerkend as en kaldeiras smaak soos meeste Skotse wiksies nie. Hy's soet, maar sappig.
Showing posts with label mout. Show all posts
Showing posts with label mout. Show all posts
Tuesday, 5 January 2016
Saturday, 26 December 2015
Whyte and Mackay
Hierdie een is nader aan 'n honderd Randelas per bottel. Dalk effe duskant maar net oor die bult.
As jy hom bloots ry is daar dalk te veel mout vir meer as 'n knerts of twee. Ek vind met 'n suinige spatsel water is hy ideal, maar ys ruineer dit nes dit meestal maar doen met my palet.
Daar is twee leeus op die voorkant. Dis nou seker Whyte en Mackay. Hulle lyk hoogs ontstig, waarskynlik omdat ek nie die wiksie met hulle gedeel het nie.
Heel skaflik, met 'n swaarder mout smaak as meeste van die billiker dramme.
Terloops jy hoef nie 'n boomstroper romp te dra nie, die apteker sal dit elkgeval vir jou verskaf. Moenie vrae vra nie.

Labels:
billik,
boomstroper,
dram,
knerts,
leeus,
mengsel,
mout,
skotse whisky,
swaar
Subscribe to:
Posts (Atom)