My hart se punt. Of dalk meeste van die cholesterol punte wat in my hartkamers uitsteek. Nogtans my gunsteling billike wiksie, alhoewel die onlangse Koningin Liesbet en Glenbrynth glad nie te sleg vergelyk nie.
Met die eerste tongtippietoets hoor mens engele sing en harpe uit die hemel. Nogals donders onbeskof en onaangenaam, so jy moet meer slukke neem om die belhamel te kalmeer. Na nog 'n paar slukke hoor jy 'n geween en kners van tande. Dis nou meer my tipe leerore se salf. Gelukkig is daar glad nie swawel betrokke nie.
Hy is lekker glad, soos heuning om die mond en dit voel of jou bek jêm gekry het. Tog nie te hout nie, nie te mout nie, glad nie puinerig nie, alhoewel ek van die puin hou. Mens proe nogals graan en heuning en baie daarvan, maar nie 'n swaar mout smaak nie. Voorwaarlik, my gunsteling goedkoop wiksie en 'n riem onder die hart. Dis my ou staatmaker so ek sal dit vir enige iemand aanbeveel
Showing posts with label heuning. Show all posts
Showing posts with label heuning. Show all posts
Saturday, 28 May 2016
Saturday, 26 December 2015
Glenbrynth
Vandag is dit 'n Glenbrynth se beurt. 130 Randelas. Daar is 'n kruis op die voorkant wat my laat wonder het of dit een of ander soogdier se graf is. Mens weet nooit, dalk kruip 'n plaagdraer gereeld binne in 'n vat en skop die emmer en iemand voel eerbiedig oor die affêre.
Eerste neusopslag is heel lokwekkend, sterk heuning aroma. Bloots is die nasmaak baie Jakkals en Bolf - 'n wiksie wat ek nie eintlik waardeer nie - maar nie genoeg so om my af te sit nie. Daar is 'n hunkering na suurlemoen. Werk tog, maar my kiewe trek steeds plooi so toe sit ek skamele blokkies ys in. Nou is dit die suurlemoen nasmaak se beurt om deur die heuning voorsmaak te vuisslaan. Heel skaflik.
As dit jou gewoonte is om water te mors kan ek dink die wiksie sal goed help om water te verdun dat jy nie 'n trok hoef te kaap om jou swembad vol te maak nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)